Eutuchios Proklos

Eutuchios Proklos (Grieks: Εὐτύχιος Πρόκλος), of Tuticius Proculus in sommige tekste, was ’n taalkundige wat in die 2de eeu n.C. floreer het. Hy was een van die twee Latynse onderwysers van Markus Aurelius.[1][2] Hy was van die stad Sicca Veneria in Noord-Afrika (die hedendaagse El Kef in Tunisië).[3]

Hy is moontlik die Proklos wat deur Trebellius Pollio genoem word as die geleerdste grammatikus van sy tyd.[4] Vir sy werk saam met die keiser het hy later die rang senator gekry, asook konsul,[5][6] hoewel dit nie duidelik is in watter jaar hy konsul was nie. Hy het finansiële hulp van Aurelius gevra om die finansiële las van sy loopbaan as senator te verlig; daaruit kan afgelei word hy is nie in ’n ryk of aristokratiese familie gebore nie.[7]

  1. Jul. Capit. Vit. Ant. c. 2.
  2. van Ackeren, Marcel (2012). A Companion to Marcus Aurelius. Blackwell Companions to the Ancient World (in Engels). Vol. 96. Wiley-Blackwell. p. 141. ISBN 9781405192859. Besoek op 21 Februarie 2016.
  3. Goulding, Robert (2010). Defending Hypatia: Ramus, Savile, and the Renaissance Rediscovery of Mathematical History (in Engels). Springer Science & Business Media. pp. 164–167. ISBN 9789048135424. Besoek op 21 Februarie 2016.
  4. Pollio Aemil. Tyr.
  5. Fabric. Bibl. Graec. ix.365.
  6. Birley, Anthony R. (2012). Marcus Aurelius: A Biography. Roman Imperial Biographies (in Engels). Routledge. p. 40. ISBN 9781134695690. Besoek op 21 Februarie 2016.
  7. Saller, Richard P. (2002). Personal Patronage Under the Early Empire (in Engels). Cambridge University Press. pp. 44, 63, 184. ISBN 9780521893923. Besoek op 21 Februarie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy